Pars My Woorde
【Pars My Woorde】
Mag my woorde blom in ‘n baftablou vallei
waarlangs jy vredevol kan wandel om kalmte te kry
mag daar welriekende olie uit my taal vloei
met ‘n glasige glans vas aan harte groei
mag ek altyd minsaam nederig bly
tot die maksimum my volle potensiaal alles uitkry
pars my woorde tussen bundelblaaie diep ge-ink
laat musiek uit my sinsnede, flink
met elke spatsel uit my pen
is my begeerte, dat ander ‘n blywende liefde vir Afrikaans sal leer ken
Lank na my woordvallei se verby
met spore dalk vergete en heen gelei
is my grootste wens
dat iemand vir nog meer oomblikke in tyd
steeds sal ervaar hoe dit lyk
deur my digterslens
©️Wendy Leigh
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.