Met laaste groet …
Met laaste groet …
was winter reeds in jou oë
bar en gestroop in afwagting
met slegs laaste herfsblare
as afskaduwing van wat vroeër was
bros en uitgedroog, geërodeer deur erosie
wanhopig gelym aan brokkies genade
hartseer het my blik hoopvol gespeur
na beduidenis van nog ‘n seisoen
of lente weer oor moeë takke sou bot
die geur van blom wéér saam met somer sal kom
maar vroeg op ‘n guur Saterdagoggend
het die tyding gekom
met val van die laaste blaar
het jy vertrek na doodsdal
in saad oor jare gesaai
lê voorbeeld wat voortleef en groei
want die waarde van jou lewe
dit waarna jy met soveel sorgsaamheid
lewenslank in liefde kon strewe
lê geborge in jou vrug se deug en krag
©Driekie Grobler 24/7/2021
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus 2021 – As die blare val projek