mishoring
–
asof agter uit my kop
hoor ek die mishoring blaas
sy donker boodskap van gevaar
op eentonige noot en eweredig
sleur dit indringend en diep
–
eentonige toonhoogte
wat vibreer soos ‘n rietjie
wat rittel in die ooste wind
vir elke bootsman op see
lewensaar van redding
–
indringende musiek
weergalm in my wese
deurdring my siel en gees
vermurwe elke verset
in afhanklikheid
–
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.