Jongste aktiwiteit:

mishoring

–
asof agter uit my kop
hoor ek die mishoring blaas
sy donker boodskap van gevaar
op eentonige noot en eweredig
sleur dit indringend en diep
–
eentonige toonhoogte
wat vibreer soos ‘n rietjie
wat rittel in die ooste wind
vir elke bootsman op see
lewensaar van redding
–
indringende musiek
weergalm in my wese
deurdring my siel en gees
vermurwe elke verset
in afhanklikheid
–
©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed