
Die aanvoeling
die aanvoeling was daar
dit het ons gewaar
die skommelstoel in die hoek
gee die aanduiding en begin ons soek
want in die aand was daar ‘n ou man
en wonder ons wat is sy van
heen en weer het die stoel gewieg
vra ons vrae het hul gelieg
tot eendag gewaar ons die graf met die wit klippe
reg by die agterdeur se trappe
kyk ons na mekaar
en besef ons die aanvoeling is waar
na dese word hy met respek behandel
want rond het hy gewandel
meskien het iets hom gepla
en stil in sy skommelstoel gekla
die storie hy was vermoor
weet ons nie wie was so goor
maar niemand kon my en my pa
meer om die bos lei want in ons hart het ons dit gedra
iemand hoër het dit ons uitgewys
en gou is die storie bewys
gryskop omie se siel wou nie rus
maar in sy stoel kon hy berus
@Louisa Van Vliet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.