Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Spoke

Oorlewing

Deur Datum gepubliseer: 9 Junie 2022 10

Oorlewing

Kruipende koue teen my rug
hitte-loos alleen
murglose binne gevries,
ruggraatlose skelm skimme.

Gedroogde ys murgbene
flenters gestampte skene
slenterstukkies speel
met hartpsige konflik.

Geraamtes wyd gesaai,
innerlike boei Houdini
van haat se werklikheid
denke en psige se vryheid.

Siellose maatbeker,
vol verraad, vernietig
soos ‘n vis se luglose asemsnak
vlugtend op damwal.

©️ Elna Kruger

Spookvoel

Deur Datum gepubliseer: 18 April 2022 15

Spookvoël

Geskryf deur Fanus Strydom
April 2022
Woordetal 1550

Malaconotus blanchoti
Gryskoplaksman

Soms kan mens, vroeg op ‘n koel wintersoggend in die laeveld, die hartseer roep van ‘n Spookvoël hoor. As ‘n mens mooi luister. ‘n Vêr-af weeklaag, iewers diep vanuit die digte ruigtes, en tog terselfdertyd, ook so indringend naby.
Hy word selde gesien. Maar,…

Monsieur Le Fleur (Goud)

Deur Datum gepubliseer: 13 Januarie 2022 12

het jy al gehoor van die duiseltrap
waar geen mens of dier dit waag te stap
daar teen die hang waar die winde loei
en die dood se skadus uit die naglig vloei
diep oor die drumpel van die ou houtdeur
wag die wroegverhaal van Monsieur Le Fleur

het jy geweet hy’t die dood gefnuik
en…

Die laaste bus

Deur Datum gepubliseer: 30 November 2021 19

“Ek het niks anders as skaduwees geken nie en ek het gedink dit is werklik.” – Oscar Wilde

Gewone, wetsgehoorsame mense soos ek en jy ken nie die nag nie. Ons dink ons weet, maar ons weet nie. Ons slaap rustig agter geslote deure, onbewus van dit wat afspeel in…

Geraamtes in die kas …

Deur Datum gepubliseer: 6 November 2021 16

Ek kan party aande net nie slaap
al probeer ek hoe hard om rustig te raak
nare drome wat my onder kry
wat die heeltyd in my gedagtes bly.

Jou naam is ‘n sware las
‘n geraamte wat oopmond lag in die kas
ek wil die deur toe klap
want die herinneringe raak te veel vir…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 129 gaste aanlyn

Bydraes – Argief