Disa – blom
Dit is ‘n bedrywige dag op oom Sampie se plaas, vandag is die groot dag waaroor hy al soveel jare droom. Hy trou vandag met tannie Cotie van Hexsrivier vallei se kontrei. Vandat hy ‘n seun was het hy al probeer om haar sy meisie te maak, maar tannie Cotie was altyd baie onvriendelik teenoor […]
Ouma en Blik Bettie
Ek het doodonskuldig my ma vertel van die fliek, Christine, wat ek die vorige aand gekyk het, toe Ouma uit die kombuis gestoom kom en my ‘n klap teen die oor gee. Nou as Ouma jou aan die kant van jou kop bykom en jy sien dit nie kom nie, dan hóór jy eers die […]
Liesbet ontsnap
(1038 Woorde) Ek’s nie seker of ek geslaap het of wat nie. Ek het net bewus geword. Ek het bewus geword van die styfheid in my hele lyf. Asof ek gister gehardloop het en daar te veel van my spiere verwag was. Ek het my oë oopgemaak, maar alles was steeds stikdonker. Nie donker soos […]
Die Inwoner
Ai tog. Ek het sommer geweet vandag gaan een van dáái dae wees toe die simpel koei weer ‘n uur in die badkamer spandeer het. Na al die tyd het sy nog nie agtergekom dat daar geen salf – of grimering – te smeer is om daai gesig beter te laat lyk nie. Sy wonder […]
Grys Skakerings
‘Jy is nou een van hulle,’ fluister sy. Rillings vee oor my terwyl ek kyk na die trio wat in ons rigting grinnik. Ek wou dit nie glo nie. Tog … toe ek my oë toemaak, kon ek steeds alles rondom my sien, hoewel dit in grys skakerings was. ‘Wat gaan jy doen?’ vra Alyssa, […]
As Duisternis na Lig verander
As ons daaroor dink, moes ons die blokkade vroeër opgestel het. Toe ons begin bekommerd raak het, was dit al te laat: die koue het in ons stad ingeglip. Dit is wat gebeur as jy dink dat vampiere net tot die ryk van die onwerklike behoort. Die ster val uit my greep. Die are op […]
As die Zombies kom
Die idee dat iets skeef gaan loop en ons samelewing in duie gaan stort is so oud soos die berge. Hollywood het ryk geword van die idee: Die “Zombie Apocalypse” waar hordes zombies vir een of ander rede ons breine wil eet (Ons ken mos baie mense wat nie bekommerd te wees oor dáái scenario […]
Die Mis (silwer)
Dit het ons drie dae geduur voordat ons vorms in die mis begin sien het. Alhoewel ek die ander met toorkrag aan my vasgemaak kon voel, kon ek hulle nie sien nie; selfs my eie hande was ‘n wasige gemors – my oë help my glad nie. Die mis het op ons neergedaal die oomblik […]
Die een wat weggekom het (silwer)
‘Ek vra nie dat jy my vlei nie.’ Ek kyk na die nuutste lid van my span deur vernoude oë. ‘Ek verwag egter dat jy my moet gehoorsaam.’ Ek sien hoe hy sluk, hoewel hy dit probeer wegsteek. Die kamer is stil, asof dit wag vir iets om te gebeur. Kerse flikker in die briesie […]
Ek wens ek kon skryf soos ek droom
daar was ‘n draak in my droom gisteraand na die dertiende uur toe die nag sy donker begin oprol hy het vuur oor my gespoeg ek het in angs roerloos in my bed gelê en gewens dat ek kon skryf soos ek droom vreesvol, sielloos, geesvoos en bebroke met ‘n malse honger wat waansinnig soek […]