Jongste aktiwiteit:

Die een wat weggekom het (silwer)

‘Ek vra nie dat jy my vlei nie.’ Ek kyk na die nuutste lid van my span deur vernoude oë. ‘Ek verwag egter dat jy my moet gehoorsaam.’

Ek sien hoe hy sluk, hoewel hy dit probeer wegsteek.

Die kamer is stil, asof dit wag vir iets om te gebeur. Kerse flikker in die briesie wat by ‘n venster binnekom wat iemand het onverskillig oopgelaat het.

Ek vul die glase met die aaklige vloeistof en almal vat hulle s’n. Selfs die nuwe werf.

‘Drink en leef lank. Drink en oorleef. Drink en jag die plaag op hierdie aarde.’

Almal het die tinktuur teruggeskiet wat bedoel is om hulle sterk en gesond te hou. Ek vat aan my halssnoer van knoffelhuisies terwyl ek kyk hoe hulle gereed maak vir nog ‘n nag van vampiere jag.

Miskien sal daar vanaand ‘n fout reggestel word, dink ek toe die laaste van my span weg is. Ek voel die koel wind op my nek; ek vloek die idioot wat die venster oopgelaat het en draai om dit toe te maak.

‘Hallo, Amelia.’

My hartklop het vertraag. Die rooi oë was anders, net soos die wrede uitdrukking op sy gesig. Maar ek sal hom altyd ken: die een wat weggekom het.

Ek reik na my wapen soos hy na my reik…

(216 woorde)




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed