Hy het wát gesê? (Brons)
Woordtelling: 350 woorde “O, jitte! Hier kom moeilikheid op hoë hakke.” Breggie laat sak die kantgordyn met ‘n sug. “Hoe nou?” Anna staan nuuskierig nader en loer deur die venster. Sy trek haar asem skerp in. “Wat de ongeluk het ou Fanus Vonkprop nou aangevang?” Die voordeur vlieg vervaard oop en Marcel strompel in. “Daai […]
Die ysige nag
My plekkie in die son, So moet mens bewys wat mens alles kon. Met my hartjie in die winter skadu, ysig en koud, Alles so lank en eensaam soos ‘n woud. Die son wat stuk, stuk deur die boom se takke skyn, Wat die ysige koue so bietjie laat verdwyn. Die blare is al almal […]
Wat maak dit saak?
Die huis was vervalle. Verf het orals afgedop wat my vir een of ander rede laat dink het aan ‘n slang wat vervel. Bossies het hulle tuisgemaak in die tuin wat lank gelede die liefde en aandag van ‘n vriendelike ou tannie geniet het. Die voetpaadjie na die voordeur toe was vol krake met onkruid […]
Operasie Kaktus
Hannes van Wyk trek sy asem op as hy voor die groot plaashuis stop. Die donkerrooi mure en donkergrys dak maak ‘n indrukwekkende prentjie teen die groen grasbekte tuin rondom. Op die stoep staan verskeie ou ploegskare en ander plaasvoorwerpe. Alhoewel dit lyk of dit byna argeloos daar neergesit is, weet hy met ‘n absolute […]
Trudie gaan ruimte toe
Mooi man! Hier is ek nou! Op die planeet van die liefde. Venus! Wat meer kon ek vra? Dis mos wat ek wou hê. Hoeveel aande in my lewe het ek sit en staar na die sterre, het ek saans gesit en wag dat Venus moet verskyn? Selfs as kind al het ek saans op […]
Luna-Diana
Luna-Diana Maanlig Monk Mank sit honde vir die maan en tjank in my hart weergalm heimweë-aanklank my voete dans oor die hemelboog sien ek maan uit splinternuwe oog nes ‘n hert … in sy loog wil ook ek hier soog Met my natuur sinchroniseer ek met jou satelliet sonder magneetveld atmosfeer hidrosfeer het ek geleer […]
Vir Sy splinternuwe Kind
Vir Sy splinternuwe Kind. In grys, op heuwel, deur newels verberg goedkoop sloop onkundiges die rykdomsberg heuwelhoog stroom hoop, reën feite in trane uit ‘n liggaam verskeur gedane vasgespyker aan groet en bloed hang Wonderbaar’smoed In klip en gruis – vergruis aan ‘n kruis skeur vleis as lewensspys swyg stig stik ruk sig traan-oë wat […]
Verkleurmannetjie
Verkleurmannetjie Almal ken die dorp Potchefstroom in die Noordwes Provinsie. Selfs jý wat nou hier lees. Maar ken jy die Kroeg “Dorsland”, aan die buitewyke van Potchefstroom? Wel dis waar ek, Wouter Verster, die kroegman is. Ek is ‘n dertigjarige alleenloper. Ek is ‘n hele vier voet ses, vriendelik van geaardheid, soms oorvriendelik, maar ongelukkig […]
Die nuwe intrekker
Karin kyk ongemaklik rond. Haar hande is in mekaar geklem. Sy skuif effens rond op haar stoel terwyl Matrone die nuwe intrekker bekendstel. “Dames en here, ontmoet vir mevrou Annelie Basson, ons nuwe intrekker. Sy is ’n vrou van vele talente en wil graag aktief betrokke wees hier in ons aftree-oord. Betrek haar gerus en […]