Luna-Diana
Luna-Diana
Maanlig Monk Mank
sit honde vir die maan en tjank
in my hart weergalm heimweë-aanklank
my voete dans oor die hemelboog
sien ek maan uit splinternuwe oog
nes ‘n hert … in sy loog
wil ook ek hier soog
Met my natuur sinchroniseer ek met jou satelliet
sonder magneetveld
atmosfeer hidrosfeer het ek geleer
jou oorsprong in waterys in permanente kraters vasgevang
en ek verstaan…
die toevallige verduistering
van die twee groot ligte – in die begin –
as son en maan teenoor mekaar gaan staan
ek verstaan
jou donker vulkaniese marias na die aarde gedraai
jou swaar’te’krag invloed op getye en lengtes van dae
en ek ken jou lig … seer … soos uitgetrapte teer
kaalvoet het ek kom leer
Jou pasifiese bekken uit gedeeltelik -smeltende gesteentes –
geskeur
ooreenkomstig die aardskors en mantel gesteentes
jou kors … ons aardse basalt wat elektroliete vir die natuur se organe versterk
almal maak werk of
tot niet laat
verwelk…
In aandskemering
se nostalgiese kring
as jou lag vir my vrede bring
buig my knieë weer nederig
voor my Skepper se formering
verskyn serafyn van Sy erbarming
van hemeling se aardse begin
soos in die Skrif
sin …vir … sin.
©️ Dolla Lerm
6 Kommentare
-
Elizabeth
Sjoe, pragtig puik Dolla!
-
Taai
Pragtig gepen.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2022 – OOP projek