
broos (brons)
sneewerk van tyd
ken geen perke in haat en nyd
verkrummelde hoogmoed peins
verby grense van sosiale aksyns
verskilfer deur wind sopranos
lukraak verstard in asbestos
wis jy die stukrag van genade?
toe selfs mos blom in ballade
geboeë in pilaargange van verwyt
fluister Lot se vrou: “ek het spyt”
sonde loer altyd met ‘n gryns
deur genade kan jy betyds weg deins
verharde harte raak bros
grys klippertjies maak tande los
nooit te laat vir goeie dade
geloof in vele mosterdsade
© Francois Meyer Maart 2022
2 Kommentare
-
Elizabeth
Lieflik Francois
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2022 – OOP projek