Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Maart 2022 – OOP projek

Beste INKers

Dit het weer tyd geword vir ‘n oop-tema opdrag.

Ek wil dit hierdie keer egter effe aanpas.
Gebruik die woord “oop” op welke manier ookal om jou inskrywing te ondersteun.

Dit maak nie saak in watter genre jy deelneem nie, jou enigste opdrag is “oop”.

Ek is baie nuuskierig om te sien hoe julle as skrywers / digters hierdie opdrag gaan interpreteer en met watter uitsonderlike werk julle my gaan vermaak.

Kom ons almal takel die onderwerp met nuwe ywer en debuteer met ‘n opwindende werk.

Lekker skryf, en doen dit in Afrikaans.
Skryfgroete
Projekbestuurder

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

Maart 2022 – OOP projek – Kommentaar en uitslae

Deur Datum gepubliseer: 3 Mei 2022 8

Baie geluk aan hierdie 15 lede!

WENNERS
GEDIGTE
GOUD
1ste: No 9 Anzè Bezuidenhout met Donsveer woorde
2de: No 13 Andries Fourie (Seirdna) met Oopgespêrde hoop
3de: No 3 Anzè Bezuidenhout met Daardie dag

SILWER
1ste:No 32 Elmarie Nienaber van Kampen met Ooptes van my siel
2de: No 33 Driekie Grobler met Breek oop die skanse
3de: No 4…

wagtende wieg (SILWER)

Deur Datum gepubliseer: 31 Maart 2022 13

wagtende wieg

o, die opwinding is so groot, die vreugde!
met swangerskaptoets in geskenkverpakking
het ek die nuus oorgedra met sterre in my oë
ons ouers wat groot-oog in blydskap deel

een grou grys oggend ontwaak ek met sombere gevoel
… iets is nie heeltemal pluis nie en met klemmende kommer
is ons na ons dokter…

“Boek-loer” toetse.

Deur Datum gepubliseer: 31 Maart 2022 12

“Boek-loer” toetse.

As ek terugdink aan die skool- en universiteitsdae van my kinders, roep die woorde: “Ma, ek moet môre ʼn groot toets skryf”, sekere beelde in my herinnering op. Daar word deeglik beplan en ʼn rooster gemaak om doodseker te maak dat daar genoeg tyd is om die magdom…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 138 gaste aanlyn

Bydraes – Argief