Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: wagtende wieg (SILWER)

Deur Marlene Erasmus
Datum gepubliseer: 31 Maart 2022 Aantal woorde: 125 254 Kere gelees 13

wagtende wieg

o, die opwinding is so groot, die vreugde!
met swangerskaptoets in geskenkverpakking
het ek die nuus oorgedra met sterre in my oë
ons ouers wat groot-oog in blydskap deel

een grou grys oggend ontwaak ek met sombere gevoel
… iets is nie heeltemal pluis nie en met klemmende kommer
is ons na ons dokter om die ginekoloog te gaan besoek
sy verpletterende nuus: oop serviks! oopverlies!

o Heer, waarom die verskriklike vonnis
die gevoel van verslaentheid en verlies
die skok, hartseer, woede en verlorendheid
tref my so kil klinies koud as my gille die stilte skeur

O Heer, leer my om weer te leef met vertroue
as ek kyk na die wiegie wat leeg wag …

©Marlene Erasmus
31/03/2022

*Neologisme
“oopverlies” deur “oop” verskriklike verlies beleef




TEMAS
3 Kommentaar
  1. Didi

    1 April 2022

    Besonder mooi geskryf, voel daai verlies.

  2. Anze

    1 April 2022

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2022 – OOP projek

  3. Marlene Erasmus

    23 Julie 2022

    Dankie DIDI …

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 150
Kommentaar telling: 20

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 236 gaste aanlyn

Bydraes – Argief