Jongste aktiwiteit:

Bottel die son 227 woorde Goud

Clara bol haar hare in ‘n ponie op haar kop.  Dis naweek.  Mamma en pappa help by die kerk uit en Clara moet die naweek by ouma spandeer.  Haar hartjie klop sommer vinniger. Ouma is altyd vol verrassings.

 

Clara gooi die motordeur oop. Sy spring-hop tot op die stoep en gooi ‘n handsoen in ma en pa se rigting. Ouma ruik na soetkoekies en anysbeskuit.  Agter haar rug hou sy ‘n glasbottel vas.

 

“Nee Clara. Wag!”

 

“Maar Ouma, kyk al die goggatjies, hulle gaan versmoor.”

 

Clara steek haar onderlip vorentoe en fladder haar wimpers. Ouma vee oor haar blonde hare.

 

“Wag!”

 

Clara loer kort-kort na die bottel op die rak. Haar voorkop in ‘n frons gewikkel. Ouma is besig om soetkoekies uit die oond te haal. Clara gryp die grasbesem en jaag denkbeeldige stofwolke oor die vloer. Sy wens ouma wil nou vir haar wys waarom die goggatjies in die bottel is. Sy wip toe ouma skielik agter haar kug. Glasstukke spat oor die vloer. Clara se oë rek.

 

“Toemaar, toemaar” Paai ouma.  “Kom gou buitentoe, dis al donker genoeg.”

 

Clara knip haar oë.  Oral fladder klein liggies op die donker stoep.

 

“Ouma, kyk.  Hulle boudjies brand.”

 

Ouma se maag skud.

 

“Nee Clara.  Dis vuurvliegies.  Ouma wou vir jou ‘n lantern verrassing met die bottel maak. Nou het ons sommer ons eie liggie vertoning op die stoep.”

 

Amanda de Meillon

 

 




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Amanda het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Jana Lid se profiel foto het verander

  • Anze en Profiel foto van JanaJana is nou vriende