….FRATS-ONGELUK BY STRAAT 9….
Dit was net so diskant sewe toe Peter die oproep kry, en die ongelukkige nuus in sy harde hart in vat.
“Meneer Du Preez daar was ‘n ongeluk, Debra het gesit dat ons haar hare doen vir julle huweliksherdenking vanaand, sy het te lank met die ding op haar kop gesit. E…..e…ek is vreeslik jammer!”
Daar is vir ‘n minuut stilte voor Peter afhak en sê:” Wat! Nee ek glo dit nie, wie het haar vermoor??” Petra die dame agter die foon weet nie wat om te antwoord nie en daar is vir ‘n minuut stite voor sy weer begin praat.
“P..P..Peter daar was geen moord nie, Debra was ‘n baie goeie vriendin en ek was die heeltyd hier, ek sou geweet het as daar enige vuilspel was, dit belowe ek jou!”
Peter met sy harde hart wat besig is om stukkies te breek probeer weer snik-snik praat.
“M..maar my Debratjie, hoe kon dit gebeur op die dag van ons huweliksherdenking, ek kan dit nie glo nie!”
Vinning veë hy sy trane af en die harde kant van hom kom uit.
“Nee ek glo dit steeds nie, ek klim nou in my kar en ry na haar werk toe, sorg jy net dat jy daar is Petra” sê hy nors!
Nog voor Petra kon terug antwoord druk hy die foon ongeskik in haar oor deur, Petra weet soos wat Debra gepraat het altyd van haar man dat hy wel ‘n goeie man is, sy besef Petra gaan defnitief agter die kap van die byl kom.
‘n Half uur later stop Peter met sy rooi Volkswagen Golf vyf voor die haarsalon se deur, waar sy vrou haar drome en passie uitgeleef het, en hy loop in terwyl hy sukkel om die werklikheid te aanvaar dat sy vrou gruwelig van hom ag weggeneem is. Petra het sommer vir hom by die ingang van die deur gewag, toe hy instap omhels sy hom met ‘n stywe drukkie.
“Ek is rerig vreeslik jammer Peter, ek wens dit vir niemand toe nie” spreek sy haar simpatie uit.
“Dankie Petra, maar ek gaan nie rus voor ek agter die kap van die byl kom nie, ek moet net die waarheid uitvind” hulle laat gaan van die omhelsing en stap tot diep binne die haarsalon, en soos Petra hom aan al die werkers voorstel kan hy voel een van hulle is skuldig, hy weet net dit is een van hulle, sy speurder instinkte het lankal-lankal reeds ingeskop al is hy ook nou al vyf jaar afgetree.
“Is dit dalk Hessie” wonder hy by homself. “Nee nee, dalk is die Petro” dink hy weer. “Nee, ek glo nie hulle almal lyk so onskuldig!”
Maar een ding wat Peter in die polisie geleer het is dat die wat die mees inskuldigste lyk, dié is gewoonlik die skuldige. Vir die res van die tyd kyk hy net rond en kyk of daar vuilspel was, hy inspekteur die hele haarsalon goed deur.
Hy kan nie nou op die oomblik aan enige iets sien wat sy grootste vrees sal waar maak nie, dus klim hy weer terug in die kar, maar voor hy die kar aansluit bel hy eers sy Speurder vriend, Gert Cilliers, wat sy eie private agentskap het, die foon lui nie eers twee keer nie toe is daar antwoord.
“Cilliers en vennote, Anna wat praat!”
“Dagsê Anna, dit is Peter wat praat, is Gert dalk daar asseblief dit is dringend!”
“Middag Peter Gert is hier ja, ek hoop dit gaan goed, ek sit jou deur na hom”
“Hallo Gert Cilliers wat praat, waarmee kan ek help?”
“Dagsê Gert dit is Peter, Debra was vermoor!”
“Ag nee Gert, vreeslik jammer, jy hoef nie eers te vra nie, waar is die misdaad gepleeg?”
“Haar haarsalon Gert, ek kry jou daar, en vreeslik dankie!”
Hulle sê totsiens en Peter klim dadelik weer uit sy kar en loop terug in salon toe.
“Petra, ek het ‘n speurder vriend, hy gaan my kom help inspekteur vir vuilspel, hy is oppad hierna toe, ek stel voor julle almal gaan huis toe, ‘n kosbare vrou is pas uit julle lewe geneem, sy sou dit so wil hê” sê Peter bekommerd.
Hulle almal sê totsiens en implimenteer hulle innige simpatie teenoor Peter, tien minute later stop Gert daar met sy Land Rover.
Peter stap dadelik uit die salon en groet vir Gert met die hand, Gert groet terug met ‘n halwe druk.
“Kom ons gaan vang jou vrou se moordenaar” stel Gert aggresief voor, Peter probeer nog al die tyd sin te maak deur dit alles, Debra was so ‘n goeie vrou met ‘n goue hart, ‘n goue hart so skaars soos hoender tande in vandag se lewe.
“Ek gaan sommer hier begin waar haar sy gesit het en soek vir vinger afdrukke, hier waar haar kop in was, ek sal verstaan as jy die een wil uitsit boeta, ek sal jou glad nie blameer nie.”
“Baie dankie” Peter stem in en klim in sy kar en ry huistoe, en met baie geluk aan sy kant kry Gert so waar as wraggies die vinger afdrukke waarvoor hy gebid het, hy bel een van sy spesialiste en stuur dit dadelik in vir identifikasie.
“Ag nee, ek’t rerig gedink ek gaan ietsie meer kry, die moordenaar het duidelik geweet wat hy of sy doen, al wat ons nou kan doen is wag vir die identifikasie van die vinger afdrukke!”
Dit is al drie ure later, Peter voel of hy besig is om sy kop te verloor, eers is die liefde van sy lewe gruwelik vermoor en nou moet hy van sy beste vriend verwag om haar moord op te los. Intussen ontvang Gert die vinger afdrukke se identifikasie in sy kantoor net so buitekant Centurion, Pretoria, waar sy kantore geleë is. Met skok sien hy aan wie die vinger afdrukke behoort, hy kan nie glo nie, sy beste vriend! Nog drie ure gaan verby terwyl Gert probeer dink wat hy daaroor gaan doen, hierdie is die moeilikste besluite van sy speurder lewe ooit! Gert verlaat sy kantoor en dink by homself: “moord is moord, maak nie saak wie dit pleeg nie!”
Kom by sy beste vriend se huis aan om hom te arresteer, en hy weet, hy besef dit gaan vir altyd hulle vriendskap verander, indien nie vernietig nie! Klop aan die deur!
“Gert, wat is die nuuus, asseblief jy moet laat weet, ek kan nie meer so stilsit terwyl my vrou se moordenaar vryloop nie!”
“Ek is jammer Gert, maar miskien is dit oor jy die moordenaar is!”
“Wat wat, dis belaglik!” waarsku Peter.
“Nee dit is nie, Peter Du Preez, jy is skuldig vir die moorde op Debra Du Preez, dus moet ek jou arresteer, alles wat jy nou sê kan en sal teen jou gehou word in die hoëgeregshof maak nie saak hoe jy pleit nie!” Gert sit die boeie aan sy eens beste vriend terwyl hy ‘n traan pik…
By Gert se kantoor terwyl hy besig is om die laaste papierwerk te voltooi vra Peter of hy gou die kamer kan verlaat, Gert stuur een van sy handlammers saam, tien minute kom die handlammer daar aan, meneer Cilliers jy moet hierdie kom sien.
Toe Gert by die toilet instap wat Peter gebruik het kom hy op die skok van sy lewe af en sien hoe sy beste vriend homself gruwelik met sy eie belt verwurg het!
Vraag: Hoe en wanneer het Peter die moord gepleeg?
©Kopiereg – Timothy De Vos Botha – Alle Regte Voorbehou
11H18vm 08 Oktober 2016…
3 Kommentare
-
neels
Hier gaan sekerlik n opvolg wees
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober projek