Jongste aktiwiteit:

Liefde op die trappie

Liefde op die trappie

 

Ons was bure, hy was Koos.

Buurman kom ook van die plaas.

 

Hier in verre lande,

tussen reën en sneeu,

het ons beland.

Veldskoene geruil

vir serp en jas.

 

Buurman raak stil,

tot die dag wat ek

die nooi met die rooi sambreel

op die trappe sien.

 

Gereeld het hul daar gestaan,

gesoen en weer gegaan.

 

Haar naam was Rose,

so het ek verstaan.

 

Ek wonder,

het sy toe wel saam met ou Koos

oor die water teruggegaan?

 

©️ Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed