Slagting van die sagmoediges
Witkruise geslaan oor dorwe verbrandegrond
‘n hartlam vir die slagting
koebaai tiekkie koebaai;
wie tel jou trane?
Wolf het hom in sy skaapklere beklee
hy blêr as nés ‘n skaap
hy sê sy pels-so wit
vir jou sal hy ook bid
Hy neem ‘n lam vir die slagting
môre sal jy hom nimmer vind
weg is hy, weg soos die wind,
dis jou trane wat jy vind
Tiekkie sê koebaai, Tiekkie kom maak ‘n draai
swaar dra jy aan jou’se smart,
in jou kleine lammerhart
môre is die winter, nes gister
Al lê die kraanse hoog
en al die dale wyd
hou nie vas aan jou spyt
los die verneuker aan sy kwyle
Sing O’ Engele sing
speel jul melodiek oor trom en baskitaar;
die jagtog is vervloë,
met trane in onse oë.
©Morné du Preez
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.