Siks
ons almal gis oor die lewe
oor kanse, kerk en politiek
hoe om kinders (reg) groot te maak
en wat belangrik is vir elke saak
ons wroeg van soggens tot saans
speel skeidsregter en duiwelsadvokaat
hou ons alwetend en vernaam
en plaas graag op ander die blaam
ons leen ons ore uit vir skindery
sing lustig saam aan opgemaakte deuntjies
volg slaafs elke nuwe modegier
en gun niemand anders hul plesier
ons soek gedurig ‘n (ander) sondebok
om te gaffel en gesel in die openbaar
sowaar as wat padda ‘n manel dra
ons ou volkie weet van mor en kla
SIKS … SOWAAR!
©Driekie Grobler (2020)
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2020 – Samesyn-projek