Jongste aktiwiteit:

Rooi

Toe die eerste reëndruppels die lig kom skakeer
en sy bane van kleur teen die hemel drapeer
was jy traag om te buig op die sterre-verhoog
en bevind jou gedwee op die rand van die boog

Jy’s die gloed van ‘n vuur wat die donker verdryf
as sy kruipende koue kom vat aan my lyf
In die stilte van seer wat met afgryse bloei
praat jou stemlose taal van genade wat vloei

Sieraad in die glas, deur die eeue besonge
jy’s die siel van die oes, diep van lewe deurdronge
En as jy ‘n mens was, sou ek langs jou kon staan
en drink van jou deug, al is dit soms met ‘n traan




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed