Jongste aktiwiteit:

Die perfekte skoot Goud

Hy bak sy hand teen die bloeiende veld

roesrooi gevlek teen die horison

koper grashalms buig nederig neer

stadig, verseker lig hy sy geweer

 

die kranse kreun ‘n eggo

net ‘n jagter en sy maat

en in die deining van die sterwende son

val ‘n skadu in die berg se kom

 

nou swaai daar ‘n naambord

by die ingang na die plaas

‘n baken – ‘n teken- ‘n sein…

Tweebuffelsmeteenskootmorsdoodgeskietfontein

 

Kopiereg: Amanda De Meillon

 

*Die plaas in Noordwes met die langste naam in Suid Afrika




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed