skryf
–
seestrome neem my weg
oor blou deinende golwe
–
skryf ek mense-engele tale
niemand sal my hart besit
oor berge en dale sweef ek
eensame mymering van lig
–
woorde stroom oor walle
oor duine en droë riviere
–
waar hulp vandaan kom
is daar Lig en nie duister
slegs sinne vol beloftes
wat my siel ook besiel
–
gedigte is soos doudruppels
wat simbioties hoop wil gee
–
volmaaktheid is afwesig
want nou weet ons min
later sal ons dalk besef
wat lewe eintlik beteken
–
gedagtes en drome wek
dade en glimlaggies trek
–
©Teãrlach
4 Kommentare
-

Ellenelle
Ek hou hiervan!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
morne du preez
– "gedigte is soos doudruppels wat simbioties hoop wil gee" 'n baie mooi gedig en ek is begaande oor die reel.