Jongste aktiwiteit:

Tweede kanse

 

 

daardie een oggend

wanneer jy wakker word

en jy weet jou wêreld verander

al jou selfvertroue en selfbeeld

wat in paar ooblikke verdwyn

wanneer jou hart versaak

miskien is jou are verstop

dalk het daar ’n klep verswak

jy weet net – dit is nou sulke tyd

dikwels is jy gelukkig – kry jy hulp

mediese wetenskap so gevorder

gryp in en verander jou hart

maak are oop en kleppe reg

groot ingryp in jou liggaam

dit kan jou platslaan

dit kan jou breek

vandag is dit

egter amper

algemeen

herstel jy gou

besef jy – jy leef

jou eerste, tweede

kans het begin

wat gaan jy

daarmee

doen

 

© Tearlach.

 




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed