Verlang woorde
hier tussen Daniël* woorde
van liefde en verlange
lê my gedagtes
in tye wat nooit was
uit dowwe fotos
opgebou in donker laaie
verrys ou bekende gedagtes
vasgevang in vadersdag kaartjies
daar op ver rante
sonsak warm gedagtes
in die wete van koel
nanag drome
*Daniel Hugo
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.