Plaaskind
Plaaskind
Grootgewordin die verre Suidevan Namibië.
‘n Lewe gesplete en ongemaklik het hy geken.
Maatjies op skool was nie juis vir hom bestem nie.
Met brille so dik soos bottelglase moes hy sy weg baan.
Min mense kon die siel regtig verstaan.
Groot geword, gedroom van ‘n lewe in die stad. Daar verloor hy amper sy verstand.
Ouer geword, besigheid het hy goed geken.
Teen ‘n lewe op ‘n plaas het hy lank gerem.
Vandag kry jy die plaaskind naby geen stad of dorp.
Op sy lappie grond, tussen sy diere en boorde, sing sy hart ‘n lied van vrede.
Die brille is vervang met kontaklense.
© Ryno du Plessis, 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.