woestyn simfonie
op ‘n klam gereënde duin
sit die ou man en droom
water spoel sommer naby
in hoogwater se wit soom
sy gees sweef ver en hoog
onbewus van sy omgewing
kuier hy in sy verre verlede
kinders toekomsgerig was
hoog styg sy gees bo alles
bedrewe in negeerbare nou
dog steeds bewus van hede
waar môre dalk nie bestaan
sy stem trek strak oor duine
gille in donker woestyn nag
waar niemand daarop wag
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.