Jongste aktiwiteit:

Tannie Brenda

Tannie Brenda

Eerste oog op slag was sy maar redelik suur. Haar harde stem was moeilik om te verduur.

Vir jare het sy geleef in n huisie gelap en plak. Naby die see is al waar sy wil wees.

Met n sigaret in die hand wou sy almal se stories hoor. Soms kon jy sien, sy sou meer spoeg wou voeg.

Opgewek hou sy van haar glasie wyn. Maar net een anders kan die ordentlik in haar verdwyn.

Min kan haar verstaan. Sy noem n ding op sy naam. Dit sonder om haar vir n sekonde te skaam.

Jare later sien ek haar weer staan. Haar lang versorgde blonde hare steeds die sigaret.

Nadese byt die soetand hard. Suikersiekte het haar gevind.

Daardie storie lorie het sy gerol. Dien haar God al is haar lewe dol.

Haar eie lewe vertel n storie.

Sou jy haar ook kon verstaan, nie altyd maklik nie, ek dink sy is soms gepla met die maan.

Binne in haar is n hart wat klop vir hul met swaar en diere wat haar gemoed laat bedaar.

( c) Ryno du Plessis




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed