skepping
.
die see en alles wat daarin is
dit het Hy vir ons gegee
om op te pas en dit te gebruik
.
as die sonstrale by dagbreek
die deinende see tref
verf Hy dit in mooiste kleure
.
elke brander spoel uit op strand
en los sy merk daar
‘n silwer skuimspoor wat wegsak
.
elke meeu wat vreet styg op
met mossel in sy bek
laat val dit om skulp te breek
.
na elke brander se water
wat terug trek
borrel slakke se asem uit
.
oor die ronding van die horison
sien ek skepe vasgemeer
hul staan op aandag in silhoeët
.
see geluide streel my siel
kalmeer die storms
laat my gedagtes sweef
.
©Teãrlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.