Jongste aktiwiteit:

storm

die wind is wolwe
dol op ‘n bloedspoor
golf honger deur lang goue gras
rede vir die jag, rede om te moor

donker swerk vreet hemelblou grys
verskeur met blits, in donder gesluk
duisternis kom dreunend aangedruis
die lug begin te sweet

skaduwee verloor humeur
ruk yl, kaal wilgers rond
stort woede uit in swarte vloed
en oorstroom die koue grond

©VonVillon




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed