Suggestie
subtiel plant jy woorde
jou bedoeling verdoesel
onder mantel van eervolheid
wil jy hê ek moet iemand haat
of wil jy dat ek net saam praat
so, sonder dat jy dit uitspreek
wil jou wil vir my dwing
om my eie wil te versaak
my eie waardes af te kraak
suggestopedia is jou vak
skelmste houtjie
van die galg
hou dit nou
moet my
nie raak
my hart is
op die regte Rots
gebou en sal getrou
Sy voorbeeld volg
wee diegene deur wie
die kwaad ontstaan
jy sal nie altyd
agter die muur
kan bly staan
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.