Donkie sonder geld
Donkie sonder geld
Elke dag werk hy hard. Dra sakke vol hout, soms water, anderkeer die mens.
Voor die wa word hy gespan. Moeg of siek, die donkie kry nooit ’n dag om te ontspan.
Soms kan dit my so verstom: hierdie dier werk sy bene krom vir net ’n bietjie gras en water in ’n drom.
Sou sy dae naderkom van ou donkie wees, is daar geen afskeidsfees vir hierdie dier.
Dalk ’n slagpale om die volk met ’n stukkie vleis te voorsien.
Persoonlik voel ek, dit is allesbehalwe wat die stomme donkie moes verdien.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.