Jongste aktiwiteit:

lewe


oor die spierwit strand
spoel silwer soom afgebaken
so vinnig as wat dit verskyn
sak dit weg en verdwyn

volmaan se hoë gety
sleep plante saam kant toe
spoel dooie slak huisies
wat verbleik op sand

mooi blink die koraal
geverf in vrolike kleure
met uitsonderlike lewe
wat altyd nat moet bly

die ou liggaam steun
bene wat kraak en klae
skenkels oor hul beste
tog bly mens besig

drome wat uitkring
wyer as die see se soom
oor bollende aardvorm
na verre eilande toe

solank die son opkom
saans weer onder gaan
sigbaar vir die oog
so lank is lewe

©Teãrlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed