Jongste aktiwiteit:

lewe

–
oor die spierwit strand
spoel silwer soom afgebaken
so vinnig as wat dit verskyn
sak dit weg en verdwyn
–
volmaan se hoë gety
sleep plante saam kant toe
spoel dooie slak huisies
wat verbleik op sand
–
mooi blink die koraal
geverf in vrolike kleure
met uitsonderlike lewe
wat altyd nat moet bly
–
die ou liggaam steun
bene wat kraak en klae
skenkels oor hul beste
tog bly mens besig
–
drome wat uitkring
wyer as die see se soom
oor bollende aardvorm
na verre eilande toe
–
solank die son opkom
saans weer onder gaan
sigbaar vir die oog
so lank is lewe
–
©Teãrlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed