Droom
Droom
Die wêreld behoort aan my,
die son sak stadig agter die horison,
en die wind fluister deur die droë gras.
Ek staan en luister
na die stilte se stil,
waar elke oomblik
soos ’n geheim voel.
Môre wag daar nuwe paaie en draaie,
het ek sopas besluit:
vanaand behoort die wêreld net aan my.
Ek wil opstaan
wanneer ander moed verloor,
en my stem laat hoor
waar stiltes te lank dreun.
Ek wil die wêreld
nie net bekyk nie,
ek wil my hande breek
om dit te verander.
Ek wil loop
waar armoede kinders se drome steel,
en hoop plant
waar daar net honger en ellende is.
Ek wil vir elke kind
’n kans gee,
’n bed om in te slaap,
’n tafel met kos,
’n skool vol moontlikhede,
’n tas vol klere.
Ek wil baklei vir huise
waar liefde is,
waar harte veilig voel,
waar geen mens
bang hoef te wees nie,
en niemand
hoef te huil nie.
Ek wil teen moord en geweld opstaan,
teen hande wat seermaak,
teen monde wat verwoes.
Ek wil die wêreld leer
dat niemand die reg het
om ’n ander se liggaam
of lewe te steel nie.
En waar vrees heers,
wil ek vrede se stem
harder laat praat.
Ek kan nie alles
alleen verander nie,
maar ek kan daaroor droom.
Want selfs ’n klein liggie
kan ’n donker kamer vul,
en een stem
kan duisende ander wakker maak.
As almal
maar net dieselfde droom
as ek gehad het!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
