Jongste aktiwiteit:

TOE ONS DROOM FLENTERS SPAT

TOE ONS DROOM FLENTERS SPAT

Emosies (VOEL, emosie, my God!) word half voltooide pyn, halfvoltooide verlossing.
My woorde en gebede hang belaglik onuitgesproke in die lug.
Beelde, volmaakte drome splinterruit in my gees; skeur flenters.
Flenter vertoiiend iewers teen ‘n kerktoring vas.
En niemand sien dit nie. Niemand voel hierdie helse eina wat deurbreek nie, oopbreek nie – my uitmekaar uit ruk nie.
Ja, niemand nie Behalwe ek, en my God.
Dis…..asof…… soos ‘n mal
dramaturg wat kleedrepitisie hou van Macbeth met die dialoog van ‘n derderangse, siek klug met Tjeggiese onderskrifte in Frans.
En in die splinterruit-gebreekte stukkies voor my voete verdwyn ons Sprokie tussen…
Beelde van….
Verwronge skadu-nuanses.
En.
Passie van gebreekte-rou glas.

Kyk mooi na jouself, liewe Bokkie my babie; en mag jy vandag Slowdance op die soom van ‘n droom.
©Liza Daniells

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed