Nadat ons een was Goud
fragmente van my
skeur,
torring los
vorm ‘n eie entiteit,
‘n eie identiteit
waar ons eens
gekoppel was –
een stroom
een hartklop
lê die wieg leeg
letsel jou bestaan
kaartkontoere
oor my lyf
©Amanda de Meillon
2 Kommentare
-

Koekekranka
...Sou ek nou verwyt of onvervuldheid hoor? Uiters diepsinnig sou ek waag...
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou inskrywing vir die September 2026 – My Opinie projek