Jongste aktiwiteit:

Persiese kwatryne (Silwer gradering)

tenger beur wortels na beneë
na water wat moet lewe gee
hul te verlos uit ‘n bitter lot
wat hul moet aanvaar, gedweë
*********
Outeniekwawoud gaan sy eie gang
bergstrome paar met voëlgesang
spruite gevoed deur verrotte blaar
bars uit in groei wat dood vervang
********
eensaam tussen rook en as
‘n stil figuur, gebreekte glas
dwaal sy deur ruïnes
wat eens haar toevlug was
*********
drome van lig en kleur gestroop
my woordlose krete stom van nood,
nou dwaal net nog spoke
in die skemer stilte na jou dood

©Estelle Rubow




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Pierce het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Isha Welman het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Tokkies het ‘n nuwe publikasie gemaak