Lank gelede
Lank gelede
Drome het gekom en gegaan soos toeka se skepe.
Doelgerig, vol planne, pak ons die lewe aan soos ’n skip vol bemanning.
Iewers langs die pad vaar ’n droom soos ’n skip op die see.
Lewensrotse kelder dikwels ’n droom, soos rotse in die see sonder ’n ligtoring.
Soos nie alle skepe ’n hawe haal nie, is daar soms drome wat nooit die paal kon haal nie.
Skepe word wrakke, maar drome bly ’n droom van lank gelede.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.