Kom sit gou hier
Kom sit gou hier
Sit jou broek se rek vandag dalk ‘n bietjie skeef,
jou kuif deurmekaar, of is jou wange net ‘n bietjie meer gepof?
Is lettergrepe vandag jou gebruiklike taal?
Kom sit gou hier by my,
dan verander ons sommer daardie ekstra ton op die skaal
wat jy vandag op jou skouers dra.
© Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.