werda
Halt!
Wie gaan daar?
wie staan agter die bos
hande hoog! Staan of ek skiet!
uit die ou bosoorlog-verlede
kom die oproep steeds
dringend, bevelend
duidelik en snel
antwoord
of jy is
in die hel
om werda te kan sê
moet jy wakker wees
moet jou verstand
helder kan dink
jou reaksies
soepel en
snel
wees
jou lewe
hang daarvan
af
so moet jou
woorde
vas
kan staan
om ja, ja te maak
en nee, nee
© Tearlach.
(Werda – kom uit Duits (wer geht da?)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.