Jongste aktiwiteit:

Natuurseënwense

Natuurseënwense
geskryf deur Dale Penderis ©

Mag die enkele woestynblom tydens jou binnesoek reis jou oortuig dat hoop nie beskaam, terwyl volblom kleure wys.

Mag al die woestyne se ontelbare sand jou herinner aan ʼn belofte uit God se hand.

Mag jou koskaste kreun; dragtig aan oorvloedige manna steun, deur die Here geseën.

Mag, wanneer jy dors, jou hart die roete vind na die Lewende Fontein oase; na die lafenis van ʼn sagte wind.

Mag die wolk in die dag en die vuur in die nag jou lei na oop velde immergoen sag.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed