Jongste aktiwiteit:

Basileus Basileon

Basileus Basileon
geskryf deur Dale Penderis ©

Een helder-maan-nag stap ʼn man met sy vrou op ʼn esel, in pyn gelooi
Sweet gepaard met versmorende gille; dit is ʼn vrou in kraam
Geen plek by die rykes, gelei na ʼn stal by n krip tussen diere en strooi
Pynvolle krete … ʼn oomblik se stilte … ʼn baba gebore ~ God-met-ons sy Naam

As kind word Hy wys, ook ken Hy sy kruis wat Hy eendag vir ons gaan dra
ʼn Profetiese p’salm kom tot vervulling, reg voor die oë van Sy volk
Maar niemand slaan ag en Hy word verag ~ “is jy die Messias word vir Hom gevra”
Mishandel, misvormd, alhoewel onderworpe, ʼn malende massa en kolk

Soos ʼn lam ter slagte, dra Hy sy kruis; geen woord gesprak uit sy mond
Aan ʼn houtkruis gespyker, onskuldig en rein, om ʼn toekoms vir ons met Sy bloed te koop
Gespot en gespu, sy klere verdeel, in stilte biddend, water uit sy wond
Gebore, geleef, verag, deurboor… vir jou en vir my; Sy lewe in bloed gedoop

Waar is jou gif en waar is jou angel? Dood, jy is verslaan!
Basileus Basileon, die graf is leeg, ons Koning het opgestaan!




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Karina Nel het n geregistreerde lid geword

  • Karina Nel het n geregistreerde lid geword

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak