
siel
siel van ‘n volk
is in die opkomende geslag
voor-oorlogse geslagte
het geluister na verhale
oor swaarkry van vrouens
en kinders met ossewaens
oor berge moes trek
siel van ‘n volk
is in die opkomende geslag
na-oorlogse geslag
het wêreld oorloë en bosoorlog
wat hulle na kan verwys
met baie grafte in begraafplase
en heldedade met hartseer
siel van ‘n volk
is in die opkomende geslag
huidige geslag
sien onluste en oproer
as daaglikse struikelblokke
vrees en bewing is deel
van hul daaglikse lewe
siel van ‘n volk
is in die opkomende geslag
toekomstige geslag
sal verwarrende verwysings
in eensydige geskiedskrywing
met politieke propaganda moet
vergelyk om waarheid te bekom
©Teárlach
(Mao Zedong: “Gee my net een geslag van ‘n volk se kinders om te onderrig, dan het ek die volk reeds oorwin”)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.