
Iewers Heen of Nêrens Heen
Iewers Heen of Nêrens heen
Ons lewe in die dimensie van tyd
en mense diere en plante het
almal ‘n tyd om te kom en gaan
want die tydsgrense is bepaal
tot hiertoe en nie verder nie—
Die mens is ‘n geestelike wese
met onstoflike eienskappe soos
emosies om uit te lewe want
ons het lief, en ons haat,
is jaloers en nydig,
eerlik en skelm,
so baie eienskappe mooi en lelik en
is ons rol uitgespeel verwissel ons
afgetakel die tyd met die ewige
sommige sê iewers heen,
ander sê nêrens heen,
maar ons hoop en glo—
Janetta – Helena [Babs]©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.