Smeek Gebed
Smeek Gebed
Vir ewig o Heer staan U Woord vas
In die Hemele
U trou is van geslag tot geslag….
Die aarde het U gevestig en my gevorm
Volgens U hand
Lei my o Heer deur my donker land
My siel smag na U heil op u woord
Wag ek getrou
U is my skeilplek, in my nood
Ondersteun my volgens U belofte Heer
My kragte ontbreek
My sondige verstand wil my ruȉneer
Sien my ellende aan en red my Heer
Verlos my tog
Maak my lewend na U woord
Laat die sondes dan nie in my liggaam heers
Sodat ek dan aan
U begeertes, gehoorsaam kan wees
Vir ewig o Heer staan U Woord vas
In die Hemele
U trou is van geslag tot geslag….
© Marieta Calitz [LadySoul]
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
dit is pragtig en vat aan die hart