Musiekblyspel van onthou
Augustus 2023 Musiek projek:- SILWERKLAS
Musiekblyspel van onthou
Daar was ‘n vals noot
in die ritmepatroon van jou oë
toe jy die lirieke van jou liefdesnote
toonset in die balk van my hart
noodgedwonge het jy weggestap
uit die strelende akkoorde van ons komposisie
die afwisselende wysies in die toonhoogtes
van jou gemoedstemming het die nootwaardes
in die harmonie van ons Maanlig Sonate versteur
en die melodie van my hart in flarde geskeur
omdat jy weggestap het
uit die strelende akkoorde van ons komposisie
het die strykstok van my viool gebreek
en het ek blind geraak vir bladlees van musiek
tóg weerklank die harp van jou skoonheid steeds
in elke stembuiging van die wind
en komponeer jou strelende hande konfettinote
in ons musiekblyspel van onthou …
———————-oo00oo——————-
(Pieter Mostert)
[konfettinote = ’n Neologisme
( konfetti assosieer met troues en note met musiek)]
2 Kommentare
-
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Augustus 2023 – Musiek projek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Amazon
Baie mooi Pieter....