Skaam lente lyfie
Skaam lente lyfie
Skaam skaam kom lente nader gekruip
haar lyfie se blos nog nie ten volle ontbloot
winter se harde hand het als verdood
maar koue het hom laat omkonkel om die pad te vat
en so het son sy soentjies kom uitdeel
Piet-my-vrou roep naarstiglik die reën
maar die wille wind waai alles weg
op die groen takke wat wieg
sing die voëls ‘n nuwe lied
hul moedig lente aan
om met haar geelroosrokkie
te kom draai en swaai
langs die lowergroen gras,
lente se rooiroosrokkiemaat
loer nog net skrams uit haar groenknoppiehuis
maar as die Skepper Sy emmers uitgooi
kan lente en al haar maats blom
in volle glorie.
C Diederiks ©
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir September 2024 – OOP projek