Dansmaats
my sweet bars uit
sonder oefening
my mond is droog
sonder waternood
en my brein staan stil
as ons stadig
langarmdans
jou sweet bars uit
in oefening
jou mond is droog
in waternood
en jou brein flits rond
as ons vinnig
losdans
los of saam dans
is wat ons gloede bepaal
al is die uitkomste baie privaat
bly ons breine in pas
as dansmaats
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.