
Iewers
Iewers
Die ou wêreld is deurmekaar
soos ‘n omgeklitste roereier
oral kook ‘n heksepot giftig oor
daarom wil ek weg na Iewers,
‘n ongekarteerde ou stil plekkie
net ek en my muse is afgespreek,
ontmoeting is op die naaste horison,
maar sy het my ontwyk al verder
tot daar in die verweg mirages dus
keer ek maar terug na die werklikheid – – –
Die geheime pad na iewers bly verborge
en die muse ‘n mistige vae enigma maar
Iewers se ligging is elders en ek sal dit
nog vind daardie ontvlugting en
oase van ewige vrede – – –
Janetta – Helena [Babs]©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.