anderse wêreld
’n dieper wysheid tref my
stadiger ritme in gejaagdheid
oë wat alles sien gebeur en hoor
wyer as die oggendlug wat waai
geen vergissing of verwarring
geen grimmering oor seer
laggend met albei hande
huil volmondig uit
seerste hart
ware mens
nie volmaak
maar so bitter eg
liefde vir hulle
soos asemhaal
nommer een-en-twintig
sing ’n ekstra lied
wat ongevraagd saamsing
in die koor van die lewe
tussen die wêreld
se maskers
en hoë
woorde
die spieël
van ons lewe
© Tearlach.
(Downsindroom – Mense word tipies met 23 pare chromosome in elke sel in hulle liggaam gebore – een helfte van elke chromosoom kom van die ma en die ander helfte van die pa. Hierdie chromosome bepaal hoe die kind lyk – of dit ’n seun of dogter gaan wees en fisieke en biologiese kenmerke soos haarkleur, oogkleur en die persoon se bloedgroep. Iemand wat met downsindroom gebore word, het ’n ekstra chromosoom (chromosoom 21), soms gedeeltelik en soms ’n ten volle ekstra chromosoom in elke sel. Terwyl mense met ander woorde gewoonlik twee nommer 21-chromosome per sel het, het iemand met downsindroom drie van hierdie chromosome.)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.