Jongste aktiwiteit:

droesem van droes

 

uit duister spelonke van haat

ontspruit speeksel van droes

laat dit bitter suur droesem na

wat harte en senuwees verwoes

 

uit diepste verlorenheid van gees

verskyn duister engele van droes

wat kwaad en onreg skuimend skif

dan verskyn die skrif aan die muur

 

laat-winters bring droogte van gees

siele verdor in krake van die gewees

onreg verkondig as lewenstrotsheid

verbitter siele in dobberende drek

 

droes, waar is jou setel van kwaad

waarom verheug jy jou in jou smaad

in hoeveel lewens moet jou droesem

nog meer verwese geeste agterlaat

 

“ …mag die vlymskerp skalpel van Lig

deur die droesem skeur en die droes

vernietig tot in die murg”

 

Ó Tearlach.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed