Jongste aktiwiteit:

Verouderd?

Verouderd?

Voorstellings en voorwerpe verouder
maar is steeds in gebruik soos die daaglikse sout—
Die liefde het nie verander,
haat afguns en nyd het nie verander ,
en die chemie van die traan
bly dieselfde sedert bestaan—
Die oog se woede , nyd en veragting skroei
geslagte heen op dieselfde lees geskoei,
en hoe jy by alles fisies uitkom
of verbaal die drifte verwoord som
jy alles maar bloot op as tydloos
en grensloos—
Het jy nie ‘n wa-benz
sal jy vir enigiets wens—
Die os is nog op die ploegland,
die donkiekar rustig, leisels in die hand,
die kers en die olielamp
wag betroubaar vir elke kragramp—
Dit is bloot gemak
wat die saak deurhak,
dit is bloot die gejaag om tyd en gerief
wat die straler die lug laat klief—
Modes verander alklaps elke jaar
wyl oues hoopvol in die kas vergaar—
Hoe jy dinge sê of doen gaan relevant
wees tot die tydgleuf van jou bestaan—

Janetta – Helena [Babs] ©




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed