Jongste aktiwiteit:

Dis jy

Dis jy…

Die gejuig van stemme
geklap van hande
en die laat-middag-sontrale
dans tussen groot wilgerbome
daar vind ek myself
vrolik
omsingel
alleen

‘n wêreld wat hom afspeel
hier voor my
en ek as buitestaander
voor jou aangesig
vreemd

‘n glimlag vorm in my oë
met die vou van jou hand
in myne
en ‘n waarneembare gevoel
borrel binne my
dis jy

die warmte oorval my
en die blos op my wang
verklap selfs dit
dis jy

tussen die skare
raak ons weg
hande gevleg
inmekaar
verblinde staar

die sagtheid van jou lag
wat tot ruste kom
hier waar jy langs my staan
en in my oor fluister
“ek het vir jou gewag”

ons hardloop soos kinders
verspot en uitasem
steeds jou vingers
deurvleg in myne

tot waar ons tot stilstand kom
tussen twee verlate geboue
weg van die geraas

ek voel my hart
in my ore klop
polsend
dis jy

jy beur vorentoe
jou mond bewegingloos
op myne
jou asem hygend
en jou oë soekend in myne

jy vou jou hande
oor my wange
soen my hartgrondig
en verseël my mond met
“ek het baie lank vir jou gewag”.

Chantelle Holder
10 Mei 2016
© 2016




Chantelle Holder is op 3 Oktober 1983 in Evander in die Mpumalanga distrik van Suid Afrika gebore. Sy is die tweede oudste van vier kinders. Sy matrikuleer in 2001 in Secunda en is steeds woonagtig in Secunda. Sy het begin skryf in 2004 om terapeutiese redes en het tot dusver baie bevryding en vertroosting ervaar deur woorde. Sedertdien spog sy met so 1300 gedigte en beoog om heelwat publikasies uit te bring in die komende jare. Chantelle skryf steeds, en hoop om ander deur haar woorde, met inspirasie te vul. Sewe (7) gedigte van haar is al gepubliseer deur die Christian Poetry Association, naamlik: The Greatest Gift - "Thank You Father" River of Life - "Vlieg saam my" Watched by an Angel - "Hooggety" Eternal Voice - "Alleenlik deur U" Shalom - "Dit begin by jou" Journey of Faith - "Geseënde ween" Oasis of Life - "My Kind" Asook ñ enkele gedig in ñ GR. 8 Werkboek: Metamorfose Fase 1 Afrikaans (EAT) Werkboek Gr.8 - "Straatkindertjies" Debuut bundel - Somerreën - ñ Ewige September (Oktober 2015) Haar volgende bundel sal in 2016 gepubliseer word, getiteld Somerreën …. Deur die genade van Bo….

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed